LetterOpinionsSponsored

Die Verseëldes en Die Troon

Die onderstaande standpunte is die siening van die skrywer en nie noodwendig die opinie van Vaalweekblad nie – Redakteur.

Die onderstaande standpunte is die siening van die skrywer en nie noodwendig die opinie van Vaalweekblad nie – Redakteur.

 

(Openb 7 verwys: Lees asseblief self)

Openb 7:3 – “En ek het ‘n ander engel sien die seël van die lewende God. Vers 4:  – “En ek het die getal van die verseëldes  gehoor: 144 000 uit al 12 die stamme van Israel.”

Hierdie 144 000 is die diensknegte van God wat hier op die aarde is om die oes bymekaar te maak. Daar kom vreeslike dinge oor die aarde. Daarom het God sy diensknegte verseël. Ons gaan nou die groot verdrukking in.

Lees Matt. 24: 21 – “Want daar sal groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Vers 22: “En as daardie dae nie verkort was nie sou geen  vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes (144 000) sal daardie dae verkort word.”

Openb. 8:13 – Tweede deel: “Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanwee die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas.” Openb. 9:4 – : “En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen dié mense wat die seël van God nié op hulle voorhoofde het nié. ”

Die groot verdrukking is die tydperk van die einde. Ek én julle kinders is nié verseël nie. Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting (Matt. 24:15) sien, dan sal al hierdie dinge gebeur. Die Dier van Openb. 13 is die gruwel. Hy is ‘n bose mens. Die duiwel self. Ek sal julle later van hom vertel.

Openb. 4: Lees  asseblief self.

Openb. 4:4 – “En rondom die troon was daar 24 trone en op die trone het ek die 24 ouderlinge (Konings) sien sit, bekleed met wit klere en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad. ” (‘n Ouderling sit nie op ‘n troon nie en hy dra ook nie ‘n kroon nie). Konings, sit op trone met krone op hulle koppe. Die 24 ouderlinge is die 12 konings van die 12 stamme van Israel EN, die 12 dissipels van Jesus. Matt. 19:27 – Jesus sê vir Sy dissipels. Julle sal ook op 12 trone sit saam met die 12 stamme van Israel (se Konings). Waar is Paulus se troon en sy kroon? Ek sien nié ‘n 13de apostel nié. HA.

Openb. 20:10 – “En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is.”

(Wil jy graag saamgesels, met my saamstem of verskil? Stuur dan asseblief ‘n SMS met jou mening na 45534).

Susan

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button