Midvaal burgemeester homself verwyder vullis.
MEYERTON. – Basiese dienslewering in Midvaal staan nie stil wanneer daar ‘n optog in die hul midde is nie. Midvaal burgemeester, raadslid Bongani Baloyi, het vanoggend saam met ander helpers self vullis in Riversdale, Rothdene en Kookrus verwyder. Privaat voertuie is ingespan om te help om die vullis weg te ry. Daar is vandag ‘n …

MEYERTON. – Basiese dienslewering in Midvaal staan nie stil wanneer daar ‘n optog in die hul midde is nie.
Midvaal burgemeester, raadslid Bongani Baloyi, het vanoggend saam met ander helpers self vullis in Riversdale, Rothdene en Kookrus verwyder. Privaat voertuie is ingespan om te help om die vullis weg te ry.

Daar is vandag ‘n industriële optog-aksie in Midvaal van stapel gestuur en ‘n memorandum sal deur die loop van die dag aan die burgemeester oorhandig word. Dié industriële staking word bestempel as een van die ANC se planne om die Midvaal Munisipaliteit, die enigste DA-beheerde munisipaliteit in Gauteng, te ‘boycott.’

Inwoners van Riversdale, Kookrus en Rothdene hoef egter nie bekommerd te wees nie. Te danke aan die DA sal die gebiede soos gewoonlik op ‘n Donderdag skoon wees.



