NewsNews

Vaaldam-vlak skokkend

DENEYSVILLE. - Met die welkome reën en sneeu wat die afgelope dae regdeur die land geval het, bring dit ‘n bietjie verligting vir veral boere wat reeds op hul knieë is met die kwellende droogte die afgelope tyd.

DENEYSVILLE. – Met die welkome reën en sneeu wat die afgelope dae regdeur die land geval het, bring dit ‘n bietjie verligting vir veral boere wat reeds op hul knieë is met die kwellende droogte die afgelope tyd.
Dis egter kommerwekkend dat daar ‘n groot waternood in die land is.
Op 22 Julie was die vlak van die Vaaldam net 36.2%; die Bloemhofdam 22.6% en die Sterkfonteindam darem effens stewiger met 79.8%.
Mense wat onlangs besoek afgelê het by een van Gauteng se grootste waterbronne, die Vaaldam, sal met skok vertel hoe leeg die dam werklik is.
Daar is eilande in die middel van die dam waar daar eens water was. Die water het op sommige plekke meer as 100 meter terug getrek. Seilbote moes by die honderde vanaf oorde aan die suidekant van die dam, waar die water baie vlakker is, na dieper waters naby die damwal verskuif word.
Meeste van die seiljagklubs het hul kliënte se bote maar eerder uit die water gehaal, aangesien die watervlak daagliks daal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button