News
Fanie du Preez se dag het aangebreek
VEREENIGING. - Fanie du Preez, die vermeende gesinsmoordenaar van Vanderbijlpark, wat laasjaar na bewering sy vrou, Thea, en twee kinders, Carlia en Phillip, uitgewis het, kom vandag in die Hooggeregshof in Vereeniging voor.

Du Preez se advokaat en die verdediging is slaggereed vir die verhoor om te begin. Du Preez sal vandag pleit en daarna sal die SAPD-lede wat eerste op die toneel was getuig.
Die tragiese voorval het op 3 Desember 2015 by die Du Prees-gesin se woning in Piet Retief-boulevard plaasgevind.
*Vaalweekblad se verslaggewer, Jannie du Plessis, is vandag in die hof. Volg gerus Vaalweekblad om op hoogte te bly van wat gebeur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



