CommunityNewsNews

Nuutste in die #DuPreezHofsaak

Du Preez saak Dag 3 Artikel 2

So het die oggend in die hof verder verloop in die #DuPreezHofsaa

10:25 – Advokaat Van Wyk vra ao. Sithole uit oor die posisies van die vuurwapens. Sithole word verder gevra oor die een vuurwapen wat hy beveilig het en nie die ander voor hy foto’s geneem het.

Advokaat Van Wyk verwys na verskeie artikels op foto’s en bevestig die artikels soos wat Sithole die fotos geneem het.

10:50 – Behalwe dat van Wyk so nou en dan vra om met sy kliënt te praat sit Du Preez aandagtig en luister na die getuienis en maak self aantekeninge. Familielede raak egter effe frustreerd om weer die hele proses van die foto’s te gaan omdat dit reeds gister deur advokaat Van Der Merwe gedoen is.

10:50 – Die hof verdaag vir tee

11:15 – Regter Hennie de Vos stel voor dat ao. Sithole na die oorspronklike foto’s teruggaan sodat daar nie tyd gemors word in die hof met die volgorde van die fotos deur die verdediging nie.

Advokaat Van Wyk gaan voort met die ondervraging en verwys na foto’s in die hofdokumente. Ao. Sithole word uitgewys dat sommige foto’s omgedraai is. Op een foto is die skuifdeur se slot links en op die ander een is dit aan die regterkant. Ao. Sithole antwoord dat hy is nie seker nie.

12:00 – Advokaat Van Wyk voltooi sy kruisondervraging met ao. Sithole.

Advokaat Van Der Merwe vra ao. Sithole uit oor watter DNA-toetse hy gedoen het en wie die ander DNA-toeste en GSR (biskruit-toetse) gedoen het.

Adv. Van der Merwe vra ao. Sithole ook oor die leer in die dakluik en wie die leer gebruik het om in die dak te klim.

Adv. Van Wyk stel dit aan Sithole dat die leer nie kan afsak sonder dat die bakkie geskuif word.

Ao. Sithole hou vol dat hy die leer gebruik het.

Adv. Van Wyk en adv. Van der Merwe het geen verdere vrae nie.

Regter De Vos vra adv. Van Der Merwe en ao. Sithole om die volgorde van die foto’s te hersien

12:34 – Ao. Sithole word verskoon.

12:35 – Adjudant offisier Francois Alberts neem sy plek in die getuiebank in.

Ao. Alberts getuig hy het so teen 12:00 by die toneel aangekom en is deur kollegas ingelig oor wat gebeur het. Hulle het aan hom vertel dat drie persone dood is en twee verdagtes het gevlug.

Ao. Alberts is deur sy bevelvoerder versoek om volledige verklaring van Du Preez te neem. Hy is na Du Preez wat agter op ‘n bakkie se klap op die sypaadjie gesit het. Hy het homself voorgestel en gevra du Preez moet hom vergesel na sy kantoor vir ‘n volledige verklaring.

Ao. Alberts word gevra oor Du Preez se kleredrag en bevestig dit op die foto wat vir hom gewys word. Volgens ao. Alberts was Du Preez nie gespanne nie en hulle is toe polisiestasie toe.

12:44 –  Ao. Alberts het sy verklaring geneem, terwyl ao. Du Plessis ‘n DNA-monster geneem het. Du Preez het na die tyd die verklaring deurgelees.

Du Preez wou geen byvoegings of veranderings maak nie en het die verklaring geteken.

Ao. Alberts word gevra waarom die verklaring nie op die toneel geneem is nie. Ao. Alberts het aangevoer die toneel was te besig en Du Preez sou nie kon konsentreer nie.

Hy word verder gevra om Du Preez se verklaring vir die hof voor te lees. Du Preez sê in sy verklaring dat hy onder sy bakkie besig was om te werk toe hy geluide in die huis hoor. Die geluide was soos iemand wat teen ‘n drom slaan. Hy het volgens sy verklaring toe gaan ondersoek instel.

13:00 – Adv. Van Der Merwe versoek dat die hof verdaag.

FOTO’S: Dag 3, Woensdag 12 Oktober 2016 – Jannie du Plessis


634A9547 (Small)

634A9548 (Small)

634A9549 (Small)

634A9551 (Small)

634A9552 (Small)

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button