CommunityNewsNews

Du Preez glo gedwing om gesin te skiet

Du Preez Saak Dag 3 Artikel 3

VEREENIGING. – So het die middag in die hof van die #DuPreezHofsaak verloop:

13:55 – Na twee getuieverklarings en ‘n verklaring wat voor ‘n landdros afgelê is, is ao. Francois Alberts besig om die tweede getuieverklaring voor te lê.

Volgens die verklaring sê Du Preez dat hy ondersoek gaan instel het, en in die eetkamer op ‘n man afgekom wat met hom begin stoei het. Du Preez het gesê ‘n tweede persoon het ook daar aangekom en die twee booswigte is toe by die sydeur uit. Daarna het hy opgestaan om sy Taurus-pistool te gaan haal in die kas waar sy vuurwapen gewoonlik is, maar dit was weg en net die houer was daar. Hy het toe bloed op sy vrou se gesig te sien en toe hy die laken optel was dit net bloed. Hy is toe na sy seun se kamer waar daar bloed op die grond en bloed teen sy kop. Toe hy in sy dogter se kamer kom het sy in haar bed op haar rug gelê.

Du Preez het vir sy pa en ma geskree om die ambulans en Rescom te bel en hy is na hulle woonstel toe. Daarna is hy na die motorhuis om sy selfoon te gaan haal. Hy het 10111 geskakel, maar nie deurgekom nie en het na sy ouers gegaan om die kontakbesonderhede te kry.

Hy is toe na die hek waar hy Rescom se mense by die hek gekry het. Hy het hulle gevra om ‘n ambulans te bel. Hy en die man van Rescom is na agter tot teen die muur waar daar van sy besittings op die grond gelê het. Hy het ‘n leerhandskoen op die grond gesien en die sekuriteitsbeampte het gesê om dit daar te los.

Hy is terug na sy pa wat bevestig het dat hulle ‘n ambulans gebel het. Hy het vir hulle gesê om die polisie ook te skakel. ER24 het op die toneel aangekom. Hy en die paramedikus is na Thea se kamer en daarna na Carlia se kamer. Du Preez het die ander paramedikus na sy seun se kamer geneem. Hy is toe na buite. Hy is by die voordeur in en het agter die deur ‘n vuurwapen gekry. Hy het verklaar hy vier Amstel Light-biere gedrink en geen opkikkers nie. Hy beweer in die verklaring dat hy net die een verdagte waarmee hy gestoei het sal herken.

Volgens die verklaring wat ao. Alberts voorlees in die hof is Du Preez deur twee mans met die dood gedreig. Twee aande voor die moorde het sy pa hom gevra hoekom hy die deur so hard toegeslaan het. Die deur kon nie sluit nie en was stukkend. Hy het ook verklaar dat hulle as gesin nie baklei het die aand voor die moord nie. Hy beweer in sy verklaring daar was ‘n baksteen in die straat voor sy huis op die huisnommer. Hy verklaar ook dat daar ‘n leë bierbottel in die hoek van sy erf gelê het. Daar was glo ‘n drentelaar in die straat voor sy huis wat hy gekonfronteer het.

Dit is wat in die verklaring gestaan het wat voorgelees is.

Ao. Alberts het bevestig dat hy geensins met Du Preez gesels het oor die voorval voor die verklaring afgelê is nie. Adv. Van Der Merwe het ‘n verklaring van die Buccel-monster wat bevestig dat die regte prosedures gevolg is en dat die persoon gekwalifiseerd was om dit te neem. Hy het die verklaring aan die hof voorgelees.

Ao. Alberts verklaar verder dat hy en Du Preez terug is na die moordtoneel na die verklaring afgelê is. Daar is hy ingelig dat twee vuurwapens in die motorhuis gevind is. Ao. Alberts het Du Preez na die motorhuis geneem en hom verduidelik dat die vuurwapens in die dak gekry is en hom gevra hoe dit daar gekom het. Du Preez het gesê die booswigte moes dit daar gesit het, waarop ao. Alberts vir hom gesê het hulle kon nie, want hulle is dan by die agterdeur uit. Du Preez kon egter geen verduideliking gee nie.

Ao. Alberts het Du Preez toe  op die aanklagtes van moord gearresteer en die regte prosedures vir die arretasie gevolg. Du Preez het vir hom gese hy is deur Nigeriërs forseer om dit doen omdat hy nie vir hulle dwelms kon kry nie.

Du Preez sê verder dat hulle hom geforseer het om eers sy vrou, toe sy seun en toe sy dogter te skiet. Ao. Alberts het hom toe gevra waar hy die vuurwapens gekry het. Die 9mm-pistool wat agter die deur was het hy in Krugersdorp gekry om hom teen die Nigeriër dwelmbaas te beskerm. Die 9mm-pistool het nie gewerk nie. en hy moes sy wyle skoonma se vuurwapen gebruik. Hy het ook op YouTube gekyk hoe om ‘n knaldemper met ‘n oliefilter te maak.  Hy beweer hy sou dit gebruik as die dwelmhandelaars by sy huis kom sodat sy vrou en kinders nie wakker word nie.

Du Preez het verder aan ao. Alberts vertel hy het sy vrou geskiet en daarna is hulle na sy seun se kamer. Die vuurwapen het glo probleme gegee. ‘n Ander vuurwapen is vir hom gegee en hy het sy seun geskiet en toe sy dogter in haar kamer. Hy en die sogenaamde booswigte is daarna na die sitkamer waar hulle by die agterste deur uit is so volgens Du Preez het hulle die vuurwapens in die dak van die motorhuis gesit.

Na die bekentenis destyds het ao. Alberts hom na Vereeniging hospitaal geneem vir toetse en daarna is hulle na die Vanderbijlparkse-polisiesatsie waar hy in die selle toegesluit was.  Alberts het vir hom ‘n pastei, koeldrank en sigaret gegee toe hy uitgeboek is om vir vingerafdrukke te gaan.

Adv. Van Der Merwe lees die dokument van die arrestasie voor in die hof vir die rekord doeleindes.

Die een vuurwapen wat in die dak van die motorhuis gekry is, was ‘n .38 rewolwer wat aan Du Preez se oorlede skoonma behoort het.

Ao. Albert bevestig dat die een Maveric-haelgeweer ‘n 12 boor was. Die ander haelgeweer was Winchester 12 boor. Die een haelgeweer het aan Du Preez se stiefpa, JJ van Wyngaard, behoort.

Ao. Alberts verklaar verder dat die Vrydag, 4 Desember 2015, het hy die beskuldigde in die selle besoek en hom weer op sy regte gewys waarna Du Preez gesê het hy verstaan. Alberts het hom gevra waar die knaldemper is wat hy gebruik het. Du Preez het aan ao. Alberts genoem die inbrekers het die knaldemper bo in sy seun se kamer se kas weggesteek. Alberts het die Saterdag om 12:45 na die toneel gegaan en het die knaldemper en die kussing gevind. Dit was in ‘n trui toegedraai. Aan die voorkant van die kussing was die oliefilter en daar was bloedspatsels op. Die kussing was toegedraai met swart maskeerband. Du Preez se vingerafdrukke is op die kleefbband gevind.

15:14 – Die hof verdaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button