
//
Vir stasiebevelvoerder brig. Sonja Slabbert was dit ‘n groot dag toe sy dié nuwe eenheid op hul ysterperde sowat twee weke gelede bekend gestel het.
“Ek het hoë verwagtinge dat die Besigheidswag-motorfietsspan die straatrooftogte, besigheidsrowe, grypdiefstalle en diefstal van en uit motorvoertuie gaan hokslaan. Die span is die begin van groot dinge en die idee is om die span uit te brei sodra nog motorfietse ontvang is,” sê sy.
Haar boodskap aan misdadigers in Vereeniging is kort en kragtig: “Julle dae is getel. Ons sal ons sakegebied weer toeganklik maak vir die publiek.”
Sy sê die Vereeniging-polisiestasie het groot veiligheidsplanne vir die sakekern en die publiek sal op hoogte gehou word. “Julle sal die verskil sien,” beloof brig. Slabbert.
Haar ‘Ysterspan’ het sommer in die eerste week al verskeie misdadigers, insluitend kabeldiewe, vasgetrek.
“Baie dankie aan almal wat terugvoer en woorde van aanmoediging gestuur het. Bid asseblief vir my spanne – vir hul veiligheid en beskerming en vir ‘n positiewe verandering in die gemeenskap se houding teenoor die polisie in die algemeen. Ons probeer regtig ons bes,” sê sy.
Sy nooi almal wat opmerkings of aanbevelings wil maak, om ‘n e-pos te stuur na Vereeniging-SAPS@saps.gov.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



