
Indien jy vir die res van die jaar saam wil gesels oor die supermaan wat vanaand, 14 November, te sien gaan wees, beter jy gereed staan met jou verkyker, teleskoop en kamera.
Kenners meen dit is ‘n prentjie wat jy nie wil mis nie. Dit sal die treffendste supermaan in dekades wees. Volgens NASA (die Amerikaanse ruimteagtentskap) was die maan in 1948 laas so na-aan die aarde.
Die verskynsel is deur bygelowiges al verbind met enigiets van aardbewings tot politieke rampe, terwyl dit vir ander ‘n oomblik sal wees om nooit te vergeet nie.
Die maan sal vanaand sowat 356 509 km van die middel van die aarde wees.
Maak gereed… dit gaan iets wees om nie te vergeet!



