BlogsCommunityLetterLifestyleNewsOpinions

Dit kom neer op opvoeding

Besoekers wat na die leë Vaaldam kom kyk, laat ongelukkig meer as net hul voetspore agter. "Gelukkig" gaan die gemors, die leë bottels, blikke en glasstukke binnekort weer deur water bedek wees. Mense sal eers weer daarvan kennis neem as 'n kind of hengelaar in die vlak water deur 'n blik of glasstuk gesny word. Hoe jammer....

Peet Schabort van Deneysville skryf:
Bottelstukke en ander gemors is by die leë Vaaldam agtergelaat deur besoekers wat geen trots het om ‘n plek te verlaat sonder om dit te bevuil nie. Om te dink hulle gaan tuis drinkwater tap uit hierdie dam wat hulle so besoedel. Ek het nie woorde om hierdie mensvarke te beskryf nie. Ja, daar is nie vullishouers nie, maar ry jou vuilgoed wat nie vergaan nie saam met jou huis toe.
Daar behoort reeds op skool aandag gegee te word aan opvoeding, want daar is ouers wat nie ‘n voorbeeld is vir hul kinders nie en daardie kinders voltooi dan net ook die bose kringloop van aanhou om die natuur op te foeter. Alles kom neer op opvoeding.

Só laat besoekers aan die Vaaldam hul lelike spore agter
Só laat besoekers aan die Vaaldam hul lelike spore agter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button