CommunityNewsNews

Soniya se prokureur meen 10 jaar is genoeg

10:42 Advokaat van der Merwe stel aan die hof dat Soniya geen vorige veroordelings het nie en handig die dokument oor aan die hof. Francois De Kock stel aan die hof dat die sielkundige verslag nie bekombaar was nie en dat die verdediging besluit het om nie voort te gaan met enige verslae nie om sodoende nie die saak terug te hou.

Artikel 2- 28 November 2016

LET WEL: Die volgende inligting is nie in die vorm van ‘n berig, maar soos verrigtinge in die hof plaasgevind het.

10:42:  Advokaat Van der Merwe stel aan die hof dat Soniya geen vorige veroordelings het nie en handig die dokument oor aan die hof.

Francois De Kock (prokureur) stel aan die hof dat die sielkundige verslag nie bekombaar was nie en dat die verdediging besluit het om nie voort te gaan met enige verslae om sodoende nie die saak terug te hou nie.

Die verdediging sal dus voort gaan met hulle vertoë.

De Kock verwys na ‘n vorige saak om vas te stel of die moord met voorbedagde rade gepleeg is of nie. De Kock verwys na nog sake waar moord gepleeg is, maar waar die hof dit nie as beplande moorde gesien het nie.

De Kock verwys na Soniya se saak en dat sy wel skuldig gepleit het en dat daar enkele minute verloop het voor Soniya die besluit geneem het om Michelle dood te maak en toe haarself. De Kock stel aan die hof dat sy nie die tyd gehad het om die moord te beplan nie.

Hy stel aan die hof dat daar in die geval nie voorbedagde rade is nie en versoek die hof om die minimun vonnis van 15 jaar toe te pas.

11:00: De Kock vra die hof om ook die omstandighede van Soniya in ag te neem en verwys na ander sake waar daar afgewyk is van die minimum vonnis weens die omstandighede van die beskuldigde. Hy wys na sake en omstandighede soos sy is ‘n eerste oortreder, sy het skuldig gepleit, sy toon berou en sy het self die ondersoekbeampte gekontak. Ook die feit dat die verslag dui dat Soniya aan ‘n vroeë stadium van Bipolêr toon. Hy een ook sy was baie lief vir haar kind, maar haar gemoedstoestand was nie waar dit moes wees nie. Sy was moedeloos en depressief en sy het geen toekoms vir haar en haar kind gesien nie.

Soniya het ook hulp gesoek in die gevangenis en sy moet vir die res van haar lewe met die gedagte saam leef dat sy haar kind doodgemaak het.

Verswarende omsatndighede sluit onder meer in dat dit haar eie dogter was en dat sy die polisie aanvanklik op ‘n dwaalspoor gesit het. Michelle se dood het ook ‘n groot impak op haar skoolmaats die ander dogter en die gemeenskap gehad.

De Kock stel ook dat Soniya nie ‘n gevaar vir die samelewing is nie en dat sy rehabilteerbaar is. De Kock vra watter rol het Soniya se gemoedstoestand gespeel en verwys na ‘n saak waar die beskuldigde net tot 10 jaar gevonnis is nadat hy ‘n persoon doodgemaak het.

De Kock stel na verwysing van ‘n saak dat psigiatrise getuies nie so groot deel uitmaak nie maar dat in dié geval dit nie ‘n patalogiese toestand is nie en dat die effek van die bipolariteit ‘n invloed kon gehad het. Sy het ook finansiële probleme gehad en haar man het ‘ vê afstand van die huis gewerk. Haar ouers kon haar ook nie finansieel bystaan nie. Hy meen dagga het daartoe bygedra dat Soniya in depressie en angstigheid verval het.

De Kock verwys na verskeie ander sake waar die beskuldigde minder as die minimum van 15 jaar vonnis ontvang het.

De Kock verwys na die feit dat Soniya haar lewe probeer eindig het, maar dat dit nie sukselsvol was nie. Sy was depressief en het geen ander uitweg gesien nie.

De Kock verwys dat in Soniya se geval dui haar toestand op Altoistic Phyllic Society Disorder wat beteken dat sy haar eie lewe en die van haar kind wou neem weens omstandighede.

De Kock vra die hof dat weens die omstandighede van Soniya sy minder as die minimum vonnis van 15 jaar sal ontvang.

Hy stel dat sy ook nie bevoeg is om ‘n vuurwapen te besit nie en dat sy ook nie een besit nie.

De Kock staan af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button