
Artikel 3 – 28 November 2016
LET WEL: Die volgende inligting is nie in die vorm van ‘n berig, maar soos verrigtinge in die hof plaasgevind het.
11:15 Advokaat Van der Merwe stel dat die beskuldigde tyd gehad het om nie verder haar dogter te wurg nie en dat sy self in haar getuienis gesê het sy het besluit om haar dogtertjie dood te maak.
Adv. Van der Merwe verwys na ander sake en sê dat voorbedagde rade beteken dat daar ‘n mate van beplanning was. Hy stel dat in diè geval die vonnis lewenslank moet wees, maar erken dat daar versagtende omstandighede is. Hy stel ook dat om skuldig te pleit nie noodwendig wys jy toon berou nie. Volgens hom het Soniya nie self berou getoon nie. Hy stel ook aan die hof dat sy nie impulsief opgetree het nie en dat sy tyd gehad het om die besluit te neem en dit uit te voer.
Adv. Van der Merwe sê aan die hof dat Soniya haar eie toestand veroorsaak het. Hy stel dat die feit dat sy Bipolêr is en die hof dit as ‘n versagtende omstandigheid van die vonnis gaan sien, stuur die verkeerde boodskap aan die gemeenskap.
Adv. Van der Merwe stel aan die hof ter verswarende vonnis, dat Michelle afhanklik was van Soniya vir haar lewe en dan gaan sy en neem die kind se lewe. Hy verwys na Soniya se ander dogter wat nie by haar woon nie. Adv. Van der Merwe vra die hof waarom dan nie die ander kind ook dood maak nie? Hy stel ook dat daar genoeg tyd was vir haar om te stop voor Michelle se liggaam slap geword het.
Adv. Van der Merwe sê ook aan die hof dat die samewerking met die polisie in haar guns tel. Hy verwys dat die gemeenskap geruk is deur dié moordsaak en dat familie-moorde met ligter vonnisse die verkeerde boodskap aan die gemeenskap sal stuur.
Adv. Van der Merwe sê hy is oortuig dat Soniya nie ‘n ligte vonnis moet ontvang nie en verwys na die veldtog teen misdaad en geweld teen vroue en kinders wat tans aan die gang is.
Hy stel voor dat ‘n vonnis tussen 20 en 22 jaar meer gepas sal wees.
Adv. Van der Merwe sluit sy betoog af.
Landdros Button stel die saak uit na môre 29 November 2016 vir vonnisoplegging.
11:50 Die hof verdaag.








