Michelle moordenaars se saak uitgestel
VANDERBIJLPARK. - Die saak teen die moordenaars van Michelle Stephenson, wat op Dinsdag 15 November by haar huis in Westinghouse boulevard vermoor is, is uitgestel na 31 Januarie vir verdere ondersoek.
VANDERBIJLPARK. – Die saak teen die moordenaars van Michelle Stephenson, wat op Dinsdag 15 November by haar huis in Westinghouse boulevard vermoor is, is uitgestel na 31 Januarie vir verdere ondersoek.
Die liggaam van ao. Michelle Stephenson is omstreeks 08:30 die dag deur twee kollegas en ‘n buurman in haar huis gevind. Sy is verwurg.
Die twee beskuldigdes, Buti Samuel Mofojane en Eliot Simon Mokgemi het op 23 November en op 1 Desember in die landdroshof verskyn. Hulle is in hegtenis geneem nadat hulle Michelle se skootrekenaar wou verkwansel. Hulle staar klagtes van moord, diefstal met verswarende omstandighede en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die gesig. Hulle het nie aansoek gedoen vir borgtog nie en is tans in aanhouding tot hul volgende verskyning.



