
Tommy (44) en Lo-Anne Koekemoer (41) het verbete teen die inbrekers probreer baklei, maar die twee skote wat afgevuur is, het haar noodlottig getref. Sy is op die toneel dood verklaar.
Die inbrekers het vermoedelik toegang tot die huis in Sauerstraat deur Tommy se kantoorvenster verkry.
“Ons het niks gehoor nie. Die inbrekers het ons kom wakker maak. Nadat hulle skote geskiet het, het hulle my vasgebind en gesê ek moet stil lê, anders maak hulle my dood,” sê ‘n steeds getraumatiseerde en geskokte Tommy.
Daar was vier volwassenes en drie kinders in die huis ten tyde van die voorval. Lo-Anne se twee seuns (onderskeidelik 10 en agt jaar oud), was ook in die huis.
Die inbrekers het onder meer juweliersware, kontant, selfone en die gesin se voertuig gesteel.
Die polisie en forensiese ondersoekspan is steeds op die toneel.
Lees vorige berig oor die moord hier



