CommunityNewsNews

Drie Riviere-vrou vier dae sonder water weens waterlek

VEREENIGING. - Tracey Potgieter van Oakstraat 7 in Drie Riviere is reeds vier dae sonder water na 'n waterpyp op haar sypaadjie gebars en nog nie reggemaak is nie. 

Die waterlek het op 3 Desember begin, waarna sy dit by die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit aangemeld het, maar tot vandag is daar nog niks aan die probleem gedoen.

Sy het haarself al beseer om die waterlek self te probeer regmaak. “Dit is die vierde dag wat ek nie water het nie en ek weet nie meer wat om te doen nie,” sê Tracey. Sy gebruik tans water van die swembad, maar kan dit nie vir alle doeleindes gebruik nie.

Tracey het geval toe sy self probeer het om die waterlek reg te maak.
Tracey het geval toe sy self probeer het om die waterlek reg te maak.

 

Dalene Venter, DA-raadslid vir Drie Riviere sê sy het die waterlek reeds verskeie kere gerapporteer, maar sal uitvind waarom die lek nog nie herstel is nie.

 

IMG-20161206-WA0009

 

 

Ons het tans streng reëls wat gevolg moet word om water te spaar. Die vraag op almal se lippe is egter waarom probleme soos hierdie nie so spoedig moontlik herstel word nie.

 

IMG-20161206-WA0008

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button