
Daar was groot kommer toe die Vaaldam se watervlak gedurende September tot minder as 26% gedaal het.
Te danke aan reënval in die opvangsgebied asook water wat vanaf die Sterkfonteindam vrygestel is, het die Vaaldam se watervlak op 8 Desember op 38.6% gestaan.

Hoewel die watervlak stadig maar seker styg word inwoners steeds gevra om water spaarsamig te gebruik.
Ander damme se watervlak lyk as volg:
Sterkfonteindam: 87%
Grootdraaidam: 83.3%
Bloemhofdam: 19.9%
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



