Volgens Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder vir ER24, het die eerste borsig tussen ‘n minibus en vragmotor by die Brandfort-afrit, 25km voor Bloemfontein, plaasgevind.
Met noodpersoneel van ER24 se aankoms was twee van die insittendes van die minibus reeds dood en twee ander het op die toneel aan hul beserings beswyk. 18 Mense is beseer gedurende die botsing.
In ‘n ander kop-aan-kop botsing by die Maraisburg-afrit is ‘n man dood, terwyl sy passasier geringe beserings opgedoen het. Die oorledene was in die wrak vasgekeer en noodpersoneel kon ongelukkig niks vir hom doen nie.
‘n Vrou en 4-jarige dogtertjie, wat in die ander voertuig was, is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem.




