CommunityNews

Man kritiek na aanval op kleinhoewe buite Vereeniging

VEREENIGING. - 'n 64-Jarige man is in 'n kritieke toestand na hy deur gewapende rowers oorval en twee keer geskiet is. 

Wendy Barnard het aan Maroela Media gesê haar pa, Raymond Forbes, haar ma, Hester, en ouma het geslaap toe ‘n geluid hulle in die vroeë oggendure op 8 Desember wakker gemaak het. Raymond het gaan ondersoek instel waar hy in een van die rowers vasgeloop het. Die rower het op hom geskiet, maar dit was mis. Raymond het hom gestorm en terwyl hulle gestoei het, het een van die rowers van buite na binne gekom en hom twee keer geskiet.

Hy het op die vloer inmekaar gesak. Die aanvallers is daarna na Hester se ouma se kamer waar hulle ‘n geweer teen haar kop gehou het en beveel het om te slaap. Hulle het toe Hester gedwing om die kluis oop te sluit.

Die aanvallers het met juweliersware, elektroniese ware, selfone en die egpaar se voertuig op vlug geslaan. Hulle het toegang tot die huis verkry deur een van die vensterknippe oop te breek om die venster oop te maak asook die skuifdeur.

Na die rowers gevlug het, het Hester deur die veld in die donker gehardloop en oor draadheinings geklim om die bure vir hulp te vra.

Raymond is in die in sy arm en rug gewond en tans in ‘n kritieke toestand in die Sebokeng-hospitaal. Hy is ook aan ‘n ventilator gekoppel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button