Polisieman wat sy vrou glo doodskiet pleit onskuldig
VEREENIGING. - Die moordverhoor van sersant Edward Kennedy Fox van die Vaal Rand Blitspatrollie het vanoggend in die Hooggeregshof in Vereeniging begin. Hy word daarvan beskuldig dat hy op 6 November 2014 sy vrou Ché Rudelle Fox (Kester) geskiet het.
Aanklaer Gerrie Nel het die staat se eerste getuie geroep. Konsabel Mophethe Motaung was die oggend van die voorval saam met sy kollega, konstabel Thabo Meduna aan diens toe hulle ‘n oproep oor ‘n skietvoorval ontvang.
Hulle is na die huis in Tulpstraat waar Motaung voorgestel is aan kol. Van Wyk, ook van die Vaal Rand Blitspatrollie en die beeskuldigde.
Hy het ondersoek ingestel en Fox gevra wat gebeur het. Fox het aan hom vertel hy en sy vrou het geslaap toe hu wakker word van ‘n geluid buite wat soos vuurwerke geklink het. Hy het na buite gegaan om ondersoek in te stel. Toe hy die buite lig wou aan skakel het dit nie gewerk nie. Hy het ook gesien hul hek staan effens oop en een deur van sy voertuig is oop. Hy het na die hek gegaan om dit toe te maak en ‘n voertuig in die pad sien ry. Daarna het hy gesien of hy enigiets ongewoon op die perseel opmerk en toe gaan haal hy sy voertuig se sleutel. Ind ie huis het hy ‘n geluid gehoor wat klink soos water wat lek en toe hy kamer toe gaan het hy sy vrou doodgeskiet in die kamer aangetref.
Toe kons. Motuang sy verklaring skryf oor die toneel het hy Fox weer gevra wat gebeur het, en Fox het toe niks van ‘n voertuig gepraat wat hy in die pad sien ry het nie.
Daar was twee koeëlgate in die deur en twee projektiele is in die kamer gevind.
Volgens Motaung het Fox bekommerd gelyk en gehuil.



