CommunityNewsNews

Wiskunde is ‘n krisis in SA

Die minister vir basiese onderwys, Angie Motshekga, sê die regering besef daar is tans 'n krisis met die aanleer van Wiskunde in die land.

Sy sê daar sal dringend ingegryp moet word in die manier wat die vak aangebied en aangeleer word.

Motshekga is verder van mening dat die kinders wat daagliks kilometers moet loop skool toe en afhanklik is van voedselskemas by openbase skole is ‘n faktor wat bydrae tot die swak prestasie in Wiskunde.

Sy sê ook almal weet leerlinge sukkel met leesvaardighede en dit het ‘n impak op hul Wiskunde-vermoëns.

“Daar moet gefokus word op Wiskunde, want dit is ‘n basiese vaardigheid wat jou help om jou lewe te bestuur.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button