CommunityNewsNewsSportSport

Vreemde gedierte in Vaalrivier waargeneem.

VANDERBIJLPARK. - 'n Vreemde gedierte is Maandag 16 Januarie langs die brug oorkant Stonehaven deur verskeie mense waargeneem.

Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vreemde gedierte is Maandag 16 Januarie langs die brug oorkant Stonehaven deur verskeie mense waargeneem.

Die eerste waarneming was net so na 16:00 aan die oorkant van die rivier by Edge of the Vaal waar die gedierte volgens inligting tussen die bome in die water in geseil het. Volgens mense wat in die omgewing was, het die dier tande en is groter as ‘n krokodil. Een omstander het gesê dit is “definitief ‘n krokodil”. Hy het aan Vaalweekblad gesê: ‘Ek neem al jare foto’s van wild en dié wat ek gesien het, was krokodil se oupa”.

Ander sê weer dit is ‘n reuse-waterlikkewaan. Foto’s is geneem maar mens kan nie duidelik op die foto sien wat dit was nie.

VAALWEEKBLAD IS BESIG OM MET VERSKEIE INSTANSIES EN PLAASLIKE WILDRESERVATE TE KONSULTEER OOR ENIGE VERLORE DIERE UIT EEN VAN DIE BEWARINGSGEBIEDE, WILDTUINE OF RESERVATE.

LEES VAALWEEKBLAD VAN 18 JANUARIE VIR MEER INLIGTING WAT GAAN VOLG.

634A3908 (Small)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button