CommunityNewsNews

Ringling Bros-sirkus maak sy deure toe

Die Amerikaanse Ringling Bros. and Barnum & Bailey-sirkus het Sondagaand aangekondig dat sy deure sal sluit.

Volgens Kenneth Feld, wie die sirkus besit, sal die laaste vertoning gedurende Mei plaasvind. Die Feld-familie het besluit om die besigheid toe te maak omdat kaartjieverkope afgeneem het en die ontrekking van die olifante uit die sirkus in 2016 het hulle ook ‘n groot knou gegee. Tesame met die hoë bedryfskoste is die besigheid onvolhoubaar.

Die sirkus het egter onder skerp kritiek deurgeloop deur diereregtegroepe soos Peta (People for the Ethical Treatment of Animals) en die organisasie is verheug oor die besluit. Hulle hoop dat alle sirkusse wat diere gebruik daarmee sal ophou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button