Dié week in die nuus
Kry jou Vaalweekblad by ‘n straatverkoper of jou naaste winkel teen slegs R5-10

Retha Fitchat
* Die lekker nuus van die week is dat van die rowers wat betrokke was by Maandag se rooftog in Vaal Mall, geskiet en 4 vasgetrek is. R630 000 se gesteelde juweliersware is ook teruggevind.
* Vaalweekblad vertel meer oor Emfuleni se projek om water te spaar en inwoners se krane tussen 20:00 saans en 06:00 soggens toe te draai.
* ‘n Bekende van Deneysville sterf nadat hy ernstige beserings opgedoen het in ‘n huisbrand.
* Kan Borstol jou hond regtig deurtrek as hy met Two-Step vergiftig is? Lees wat sê dr. Michael Ferreira van die Drie Riviere Dierekliniek hieroor.
* Die verlore “hondegesin”, bestaande uit ‘n Labradorteef, ‘n Collie-reun en drie kleintjies wat oor die Kerstyd verlore naby Sasolburg gevind is, moet ‘n nuwe tuiste vind aangesien hul eienaars nie opgespoor kan word nie.
* Moet ook nie die bêrebylae propvol uitblinker-matrieks se uitslae en foto’s misloop nie!
Sport:
Laerskool-atletiek oorheers dié week Vaalweekblad se sportblaaie. Rekords het gespat by Laerskool Kollegepark se vriendskaplike byeenkoms; Laerskool Risivile maak skoonskip by die Super8, en by die DP de Villiersstadion in Sasolburg was daar ook hope aksie tydens Laerskool Fonteine se jaarlikse uitnodigingsbyeenkoms.



