LifestyleLocal newsNews

Hallo Groot-skool! Lekker wedstryd!

Vyf splinternuwe graad een- klasse is vanjaar deur Vaalpark Primêr verwelkom. Hierdie waardegedrewe, parallelmediumskool sien met oorgawe daarna uit om hul nuwe leerders te help vorm tot volwaardige individue!

Mammas en Pappas, Oumas en Oupas van ‘n Graad eentjie, onthou om julle kleingoed in te skryf vir Ster en Vaalweekblad se groot jaarlikse Graad 1 wedstryd. Verskeie pretpryse is op die spel, waarvan die grootste prys is dat MooiVaal Media die wennertjie se skoolfonds vir die jaar gaan betaal! As julle nog nie ingeskryf het nie, neem sommer dadellik ‘n foto van jou dogtertjie of seuntjie in sy of haar skoolklere en e-pos dit na rfichat@media24.com. Die foto moet as ‘n gewone JPG-foto gestuur word. Onthou asseblief om die kleinding se naam en van sowel as die skool se naam te noem. Verskaf ook ‘n foonnommer waar ons julle kan bel as jou kleintjie dalk wen! Inskrywings sluit volgende Vrydag, so spring gou en moenie dié bus mis nie :-)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button