
Volgens kapt. Mavela Masondo het die rowers aangedring op persoonlike items van die personeel en kliënte. Die man het geweier om sy selfoon aan die rower te gee, waarna die rower hom in die bolyf geskiet het.
Die rowers het met persoonlike besittings en kontant wat in die kasregister was op vlug geslaan in drie verskillende voertuie, ‘n wit Ford Escort, grys BMW en swart VW Polo.
Die man wat geskiet is, is na ‘n nabygeleë hospitaal vir behandeling geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



