Wurg-ma Soniya Koekemoer se 28ste mislukte selfmoord
Die bekende wurg-ma, wat haar dogterjie Michelle (9) in 2016 in haar bedjie in hul Periston-woonstelle op Vanderbijlpark verwurg het en daarna misluk het om haarself om die lewe te bring, het vir die 28ste keer, die keer as gevangene, misluk in nog 'n selfmoordpoging.
Die bekende wurg-ma, wat haar dogterjie Michelle (9) in 2016 in haar bedjie in hul Periston-woonstelle op Vanderbijlpark verwurg het en daarna misluk het om haarself om die lewe te bring, het vir die 28ste keer, die keer as gevangene, misluk in nog ‘n selfmoordpoging.
Soniya Koekoemoer was ten tyde van die voorval in Johannesburg Sentraal gevangenis (ook genoem “Sun City”) en is volgens inligting na die Chris Hani Baragwanath hospitaal geneem vir asma. Sy het ‘n skalpel in die hande gekry en haar polse en keel gesny. Geen verder inligting is nog beskikbaar nie.
Volgens die verklaring van Soniya tydens die hofsake verlede jaar afgelê het en haar getuienis in die hof het sy Michelle op Donderdagaand, 9 Junie, omstreeks 22:00 met ‘n nylon-tou verwurg het. Volgens Soniya het Michelle op haar magie gelê en slaap toe sy die tou om haar nek gesit en styfgetrek het. “Ek het aanhou trek tot ek gevoel het haar liggaampie word slap,” lui die verklaring. “Dit het baie vinnig gebeur.”Soniya het toe glo selfmoord probeer pleeg deur haarself te hang, maar die knoop het glo losgetrek. Sy is einde November 2016 in die Streeks Landroshof in Vereeniging tot 18 jaar gevangenistraf gevonnis.
*LEES GERUS VAALWEEKBLAD 22 FEBRUARIE VIR MEER INLIGTING.

Soniay Koekemoer groet haar ma Elize en stiefpa Dawie Viljoen voor sy af is na die selle nadat sy ‘n vonnis van 18 jaar opgelê is op 29 November 2016.



