NewsNews

64-Jarige skenk geboorte aan tweeling

'n 64-Jarige vrou van Spanje het vandeesweek geboorte geskenk aan 'n tweeling in die Recoletas Burgos-hospitaal. 

Sy het haar eerste kind gekry toe sy 58 was, maar dié is intussen deur die welsyn van haar weggeneem.

Die hospitaal beskryf die geval as besonders en uitsonderlik. Sy het met behulp van ‘n keisersnee geboorte gegee aan ‘n seuntjie en dogtertjie.

Die vrou het glo ‘n paar maande vantevore in vitro-behandeling in die VSA ondergaan om swanger te word.

‘n Gemeenskapswelsynorganisasie is genader om ondersoek in te stel of sy bevoeg sal wees om na haar tweeling om te sien.

Lees die hospitaal se verklaring hier: Recoletas Burgos-hospitaal

 

Een van die gesonde baba’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button