
Die voorval het in Generaal Hertzogweg plaasgevind. Volgens inligting het die vrou oor die pad geloop toe ‘n voertuig haar tref en wegjaag, waarna ‘n ander voertuig toe bo-oor haar gery het. Sy was glo ‘n karwag by die River Square-inkopiesentrum.
“Dit was ‘n vreeslike toneel,” sê DA-raadslid Dalene Venter.
Noodpersoneel kon niks vir die vrou doen nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
Lees meer oor die voorval in Vaalweekblad van 22 Februarie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



