CommunityLocal newsNews

Braam Smith vorder goed met fiets oppad Kaap toe

VANDERBIJLPARK. - Braam Smith (55), ‘n plaaslike fietsryer wat op 12 Februarie vertrek het op sy derde tog per fiets na Kaapstad, vorder goed en in sy eerste week bykans 530km van die beoogde 1956km agter die rug gekry. Sedert Braam vanaf die gemeenskapsaal by Leeuhof in Vereeniging vertrek het met die hoofdoel om geld in te samel om die sowat 70 hulpbehoewende gesinne in Leeuwhof se las te verlig, het hy verskeie wedervaringe gehad en heelwat nuwe vriende langs die pad gemaak.

VANDERBIJLPARK. – Braam Smith (55), ‘n plaaslike fietsryer wat op 12 Februarie vertrek het op sy derde tog per fiets na Kaapstad, vorder goed en in sy eerste week bykans 530km van die beoogde 1956km agter die rug gekry.
Sedert Braam vanaf die gemeenskapsaal by Leeuhof in Vereeniging vertrek het met die hoofdoel om geld in te samel om die sowat 70 hulpbehoewende gesinne in Leeuwhof se las te verlig, het hy verskeie wedervaringe gehad en heelwat nuwe vriende langs die pad gemaak.
Braam was net voor sy vertrek egter genoodsaak om solo te ry nadat sy rugsteun voertuig en drywer nie gerealiseer het die.
Hy het met net ‘n rugskakkie by hom waarin ‘n paar noodsaaklike items is soos twee bande, lugbotteltjies, water, een stel klere, sy Bybel en ‘n paar kleiner items het, vertrek.
Sy eerste dag was vanaf Vereeniging tot in Parys waar hy en ‘n klomp vriende vir oulaas middagete geniet het. Daarna het hy vertrek het na Viljoenskroon waar hy oornag het. Op 13 Februarie het hy vanaf ‘n plaas buite Viljoenskroon vertrek na Klerkdorp, ‘n afstand van 82.4km waar hy oornag het by At Greyling van ATKV Klerksdorp.
Volgens Braam was dit maar ‘n harde skof. Hy het 40km grondpad gery en baie wind gekry. Dinsdag 14 Februarie pak hy sy derde dag op Valentyndag aan met ‘n afstand van ongeveer 71km na Ottosdal.
Dag drie sal Braam sekerlik baie goed onthou. Hy het met sy toer tussen Klerksdorp en Ottosdal so effens die pad byster geraak en verdwaal en toe op ‘n grondpad beland. Die aand het hy by Hennie en Hanneke Coetzee oornag op ‘n plaas buite Ottosdal.
Op 15 Februarie pak hy ‘n 114km rit aan vanaf Ottosdal na Schweizer-Reneke, ook bekend as die stad van sonneblomme.
Die volgende dag, op 16 Februarie, op Braam se verjaarsdag, trap hy ‘n afstand van 138km tussen Sweizer-Reneke en Warrenton. Die dorp is geleê in die Noord-Weste kant van die Noordkaap en is hoofsaaklik diamant gebied. Hy slaap toe oor by Jan en Erna van Wyk in Warrenton.
Vanaf Warrenton is hy na Barkley-Wes. Dis ‘n afstand van ongeveer 75km waarna Braam vir twee dae gerus het en Maandag 20 Februarie weer die fiets onder die boude ingestoot het. Vanaf Barkley-Wes het hy die 34km afgelê na Kimberley vaar hy die aand oornag het. Vandag Dinsdag 21 Februarie trap hy die 113km na Douglas.
As alles volgens plan verloop behoort hy teen 10 Maart in Kaapstad te wees waar hy dan aan die Kaapstad-fietstoer (voorheen bekend as die Argus) gaan deelneem.
Die toer is egter om geld in te samel vir die hulpbehoewende mense van Leeuhof in Vereeniging en die gemeenskap word gevra om Braam te help in sy poging om dit vir die mense makliker te maak.
Die ATKV-hoofkantoor het ook aan dié projek erkenning gegee. Bydraes kan in die vorm van donasies kan in die volgende bankrekening gedeponeer word. Bankbesonderhede: ATKV Vaalplakkers, Absa Bank, tjekrekening, 4080990182.
*Vaalweekblad tree op as mediaborg en lesers kan Braam se tog meemaak op vaalweekblad.com en op Vaalweekblad Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button