CommunityNewsNews

Chaos in Leeuhof

VEREENIGING. - Chaos het op 19 Februarie in Leeuhof en omliggende strate uitgebreek toe sowat 100 inwoners besluit het genoeg is genoeg.

Die inwoners, meestal van die voormalige 21 Ou Vereeniging-hospitaal, het besige paaie in die gebied met brandende bande versper in ‘n optog oor swak dienslewering, of eerder geen dienslewering.

Inwoners meen hulle het geen basiese dienslewering nie en kan nie in sulke omstandighede leef nie.
Afritte na onder meer Beaconsfield- Van Riebeeck-, Rhodeslaan en Merrimanstraat is versper.

Die polisie is ontbied om die betoging te monitor. Weens die reën wat sedert gister oor die Vaaldriehoek uitgesak het, is die situasie nou rustig.

Paaie is versper deur ontstoke inwoners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button