NewsNews

Sewe planete, so groot soos die aarde, gevind

Nasa ( National Aeronautics and Space Administration) het 'n reuse-ontdekking aangekondig wat behoorlik sosiale media aan die gons het.

Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop het die eerste stelsel van sewe planete wat soos ons eie planeet is en om ’n enkele ster gegroepeer is, ontdek. Boonop is drie van hierdie planete se plasing in bewoonbare sones wat beteken die kanse dat lewe daar ontdek kan word is heelwat groter as dié van die ander planete.

Die reuse-vonds hou die rekord vir die grootste aantal planete in ’n bewoonbare sone om ’n enkele ster buite ons eie sterrestelsel.

Al sewe hierdie planete kan moontlik vloeibare water op hê en in ruimte-terme is die ontdekking 40 ligjaar van ons verwyder.

“Die ontdekking kan die belangrikste stukkie in die legkaart in die soeke na bewoonbare omgewings en plekke wat bevorderlik vir lewe wees,” sê Thomsa Zurbuchen, assistent-administrateur van die agentskap se Wetenskapsmissie-direktoraat in Washington.

 

Nasa Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button