NewsNews

Bejaardes sonder water in Vereeniging

VEREENIGING. - Oproepe aangaande die water probleem by Mimi Fourie-hof in Markstraat 27 stroom behoorlik in.

“Oumense is sonder water en niemand weet meer wat om te doen of self wat die probleem is nie. Niemand lig ons in nie en ons kry niemand by die munisipaliteit in die hande wat ons kan help nie.”

Dit is die woorde van elke persoon wat tot dusver geskakel het aangaande die groot kopseer waarmee inwoners van Mimi Fourie-hof sit.

Hulle het egter gister nog water by ‘n kraan aan die buitekant gehad en vandag is daar nie ‘n druppel water in sig nie.

Volgens DA-raadslid Stanley Mashabela is daar ‘n probleem by die waterpype wat water aan die gebied voorsien. Werknemers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is besig om die herstelwerk te doen en verlaag die waterdruk en as gevolg daarvan is groot dele vandag sonder water.

“Sodra die probleem herstel is sal daar weer water wees.” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button