
‘n Vragmotorbestuurder is vanoggend tydens ‘n kaping in die kop geskiet. Met nooddienspersoneel se aankoms by die toneel omstreeks 10:00 vanoggend was die vragmotorbestuurder en veiligheidswag gewond.
Beide is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem.
Die plek waar die N1 noord en die N3 skei is vir verkeer gesluit weens intensiewe ondersoeke van die misdaadtoneel.
Motoriste kan hewige vertragings verwag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



