Mnr. Coen Fourie het vroegoggend op 24 Februarie by VID gestop en almal vriendelik gegroet en versoek dat Erasmus saam met hom na sy voertuig gaan om produkte te besigtig. Sekondes daarna is die eerste en tweede skoot afgevuur wat Erasmus in die rug getref het.
Erasmus het na sy kantoor gehardloop waar hy inmekaar gesak het. Fourie het koel en kalm na Erasmus kantoor gegaan waar hy hom nog ‘n keer in die maag geskiet het.
Personeel en sekuriteit van VID het alles in hul vermoë gedoen om te keer dat Fourie vlug en toe hy besef hy is vasgekeer het hy homself in sy voertuig in die kop geskiet.
Erasmus en Fourie was voormalige vennote van Vacuum It is Vanderbijlpark. Die besigheid is egter in 2008 gelikwideer na Erasmus ‘n bedrogsaak teen Fourie gewen het.
Mev. Johanna Erasmus het aan Vaalweekblad gesê haar man se dood is vir haar baie swaar. Hy is so skielik van ons weggeruk. Ons kan net bid en glo dat dit beter sal raak.”
Erasmus word môre om 12:00 vanuit die AGS Emmanuel-gemeente in Duncanville begrawe.
Volgens konst. Maria Letsele, woordvoerder van Meyerton SAPD, het die familie van Fourie gevra om nie besonderhede oor hom uit te gee nie. Vaalweekblad kon nog nie daarin slaag om kontak met enige van sy familie te maak nie.




