CommunityNewsNews

Man kritiek na motorfietsongeluk

VANDERBIJLPARK. - 'n Motorfietsryer is ongeveer 19:00 Sondagaand 26 Maart in Vaal Drive oorkant Ocumed baie ernstig beseer toe 'n voertuig vermoedelik voor hom ingedraai het.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Motorfietsryer is ongeveer 19:00 Sondagaand 26 Maart in Vaal Drive oorkant Ocumed baie ernstig beseer toe ‘n voertuig vermoedelik voor hom ingedraai het.

Chris Jansen van Vuuren (42) is in ‘n kritieke toestand deur ER24 paramediese personeel op die toneel behandel en na die Emfuleni Medi Kliniek geneem vir behandeling. Chris was in Rafters se rigting oppad toe die blou Volkswagen Polo TDI, wat in ‘n noordelike rigting gery het, vermoedelik voor hom ingedraai het by die Ocumed afdraai. Hy het met sy BMW motorfiets teen die linker voorkant van die voertuig gebots en sowat 50m verder te lande gekom. Die insittendes van die Polo is ongedeerd. Familie en vriende van Chris was op die toneel om mekaar te ondersteun.

Die SAPD is tans op die toneel en die saak word ondersoek.

FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button