Dié 100 finaliste sal op 28 April, tydens die gala-aand by Emperors Palace, hoor wie deel is van die top 25 waarvan een van hulle die kroon sal dra.
Danelle sien baie uit na die nuwe uitdaging en is opgewonde oor die tyd wat voorlê.
“Mev. Suid-Afrika gaan nie net oor model wees nie, maar meer om as vroue mekaar aan te moedig. As ‘n vrou moet ons in onsself glo, en onsself wil verbeter en natuurlik selfvertroue hê. Daar is mooi in elkeen van ons. Ek sê altyd as jou drome jou nie bang maak nie, dan is jou droom nie groot genoeg nie.”
Om vir Danelle te stem, stuur ‘n SMS met Danelle Dreyer na 35959.
Volg haar Mev. Suid-Afrika reis deur haar Facebook-blad, Danelle Dreyer Mrs SA Finalist 2017 te like. Volg haar ook op Instagram by danelle.dreyer, Twitter by @danelle_dreyer
Lees meer oor Danelle Dreyer in Vaalweekblad (29 Maart).




