News

47 Verdagtes vasgetrek oor Paasnaweek

VEREENIGING - 47 Verdagtes is oor Paasnaweek deur die Vereeniging SAPD  vir verskeie misdade gearresteer.

Volgens kaptein Fikile Funda, polisiewoordvoerder is 17 verdagtes vanaf Woensdag tot Maandag vir dronkbestuur in Vereeniging aangekeer. ‘n Verdere 10 verdagtes is vasgetrek vir winkelroof, nege vir die besit van dwelms, drie vir diefstal, drie vir rooftog en twee vir bedrog.

Ander verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade soos verkragting, kwaadwillige beskadiging van eiendrom, besigheidsroof en poging om ‘n motorvoertuig te steel.

Die verdagtes sal na verwagting in die Vereeniging landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button