News
Vier vroue beseer in VDBP-ongeluk
VANDERBIJLPARK. - Vier vroue het beserings opgedoen toe twee voertuie die hoek van Louis Trichard Boulevard en Christiaan de Wetstraat in 'n botsing betrokke was.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was die twee voertuie by ‘n nabygeleë petrolstasie toe noodpersoneel by die toneel opdaag. Die pasiënte is ondersoek en daar is gevind dat vier vroue in die een voertuig geringe beserings opgedoen het.
Hulle is op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



