News

Vier vroue beseer in VDBP-ongeluk

VANDERBIJLPARK. - Vier vroue het beserings opgedoen toe twee voertuie die hoek van Louis Trichard Boulevard en Christiaan de Wetstraat in 'n botsing betrokke was.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was die twee voertuie by ‘n nabygeleë petrolstasie toe noodpersoneel by die toneel opdaag. Die pasiënte is ondersoek en daar is gevind dat vier vroue in die een voertuig geringe beserings opgedoen het.

Hulle is op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button