News

Unitaspark en omliggende dele dalk nog ‘n paar uur sonder krag

VEREENIGING. - Inwoners van Unitaspark, Duncanville en omliggende gebiede is raadop met die kragonderbrekings wat hulle moet trotseer. 

Asof dit nie erg genoeg is dat hulle reeds sedert Woensdagaand sonder eletrisiteit sit nie, moet hulle nou maar hoop die probleem word vandag opgelos.

Die elektrisiteit het Woensdaagaand omstreeks 23:00 afgegaan en Donderdag sowat 16:00 was die herstelwerk voltooi en die krag aan. Dit was skaars ‘n uur toe is die krag weer af.

Die probleem is egter nou by die substasie in in Leeukuilrulaan en Delvillestraat waar daar aan ‘n foutiewe kabel gewerk moet word.

Dit is egter onduidelik hoe lank dit gaan duur en wanneer die krag weer aan sal wees.

Raadslid Elize Aucamp sal inwoners op hoogte van sake hou soos die herstelwerk vorder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button