News

Bekende Gretha Widd dalk in sop oor ‘wilde uitlatings’

Nagenoeg 70 klagte is vroeër teen die Christelike skrywer ingedien oor uitsprake in haar tienerboeke Lyfslim vir Seuns en Lyfslim vir Meisies waarin daar onder meer staan dit is "hartseer"om homoseksueel te wees.

“Ongeag wat die redes vir homoseksualiteit is (of jy nou met my saamstem of nie), dit bly hartseer. Sulke mense kan nooit op die normale manier kinders hê nie. En sou hulle kinders aanneem, sal die kinders nooit die wonderlike voorreg hê om ’n pappa en mamma te hê nie.”

Die uitsprake het groot kritiek in die sosiale media ontlok.

Die Menseregtekommissie (MRK) sal teen die tweede week van Julie ’n besluit neem oor die klagte wat teen Gretha Wiid gelê is. Daar word nog ondersoek of enige regte geskend is.

Die interne proses is egter nog in die beginfase.

 

Bron: Huisgenoot.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button