Vaaldriehoek-vrou deur polisie geskiet
SEBOKENG. - 'n Vrou van Sebokeng is Vrydag deur 'n polisiebeampte met 'n rubberkoeël geskiet.
Volgens ENCA beweer die polisie ‘n skoot het afgegaan toe sy die polisiebeampte se vuurwapen, tydens ‘n geskil tussen die twee partye, geklap het.
Die familie van die vrou versoek egter dat geregtigheid moet geskiet.
Sy is tans in die hospitaal onder polisie-toesig. Sy staar aanklagtes van openbare geweld en aanranding in die gesig.
Die familie sal binnekort ‘n saak by die polisie aanhangig maak.
Die voorval word ondersoek.
Kyk die video wat deur ENCA gepubliseer is:
Family seeks justice for woman shot by police



