
Woedende inwoners van Bpipatong het vandeesweek die strate ingevaar omdat dele van die gebied ‘n maand gelede elektrisiteit gehad het. Hulle is ook ongelukkig oor die waterdruk wat met 20% verlaag is.
Emfuleni is bekommerd oor die onwettige kragaansluitings en kabels wat uit substasies gesteel word. Volgens Stanley Gaba van ELM kan hulle nie voor bly met herstelwerk nie.
Die burgemeester van die Emfuleni-munisipaliteit het Maandagmiddag by inwoners van Boipatong gepleit om sy raad ’n kans te gee om “ ’n behoorlike elektrisiteitstelsel” in die woonbuurt te installeer.
Hulle is ook ontevrede omdat die munisipaliteit glo in ’n poging om mense te dwing om vir hul kragverbruik te betaal, ’n tender aan ’n Chinese maatskappy toegeken het om slimmeters in Emfuleni te installeer. Inwoners beweer Emfuleni het nie met hulle oor die elektrisiteitsmeters beraadslaag nie.
Die kragtoevoer na Boipatong is omstreeks 15:00 die eerste keer sedert einde Mei weer aangeskakel.
Volgens Gaba is al vyf substasies vandeesweek geplunder, maar twee van hulle is Maandag tydelik herstel. Hy sê egter hulle is bevrees dat die twee substasies waarskynlik binnekort kan ontplof omdat hulle nou oorlaai is.



