News

Petroljoggie geskiet tydens rooftog

'n Petroljoggie is geskiet tydens 'n rooftog by 'n petrolstasie

Die vier mans het by die Vyandsvlei petrolstasie in Heilbron aangekom op 20 Junie.

Drie het in die winkel gegaan en vuurwapens op die werknemers gerig en geeis dat hulle al die kontant vir hulle gee.

Die petroljoggie het die alarm gehoor en ingegaan waarna hy in die arm en been geskiet is.

Na hulle op vlug geslaan het, het die jaagtig begin. Skote het begin klap en die jaagtog het tot ‘n einde gekom op die R59 by die Voortrekker-afrit.

Die Sasolburg SAPD se K9-honde eenheid kon vier verdagtes arresteer.

Die verdagtes is almal van Mozambiek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button