CommunityLifestyleLocal newsNews

Versigtig vir nuwe stopteken!

Nuwe stopstraat in gevaarlike Beethovenstraat gaan motoriste se spoed beheer

Vanderbijlparkse motoriste wat van die Beethovenstraatroete in SW5 gebruik maak, moet daarop let dat die Emfuleni-verkeersafdeling vandag (3-7-2017) ‘n nuwe 3-rigting stopstraat in die pad aangebring het.

Dit is by die aansluiting van Van Wouwstraat by Beethovenstraat, en is op die stuk pad tussen die ou 3-rigtingstop by Deliusstraat/Beethoven en die bekende kruising tussen Beethoven en Rembrandtstraat op pad na Golden Goose.

Verskeie mense het al die afgelope jare hul lewe in Beethovenstraat verloor omdat motoriste geneig is om te vinnig op dié pad te ry en veral snags nie die redelike skerp draai in die pad sien voordat dit te laat is nie. Hopelik gaan die nuwe stoptekens keer dat motoriste voortaan steeds so vinnig op dié pad ry.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button