News

Seuntjie (6) kritiek na voertuig hom tref

VEREENIGING. - 'n Seuntjie (6) is in 'n kritieke toestand hospitaal toe geneem na hy gister deur 'n voertuig getref is.

Paramedici van ER24 is omstreeks 14:25 na die toneel ontbied waar hulle die kind langs die kant van die pad aangetref het. Die voorval het in Van Riebeeckstraat gebeur.

Hy is op die toneel behandel voor hy hospitaal toe geneem is vir verdere mediese sorg.

 

Die bestuurder van die voertuig het geen beserings opgedoen nie.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button