News

Ses beseer in VDBP-ongeluk

VANDERBIJLPARK. - Ses mense is beseer toe twee minibustaxi's en 'n ander voertuig gistermiddag in 'n botsing betrokke was.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici om 15:45 by die oneglukstoneel in Currie-boulevard aangekom.

Met hul aankoms op die toneel het hulle al drie voertuie langs die kant van die pad gekry. Van die insittendes van die voertuie wat in die botsing betrokke was het op die toneel rondgeloop, terwyl ses ander ligte beserings opgedoen het.

 

Die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle vir verdere mediese sorg hospitaal toe geneem is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button