BlogsLetterLifestyleLocal newsNewsOpinions

Verhongerde diere floreer danksy PurrPaws se liefde

'Op 30 Julie het my hart in twee geskeur toe ek dié tweetjies die eerste keer ontmoet'

 
Shane Pretorius van Vanderbijlpark skryf:

Die voorlaaste week van Julie was ‘n vreeslike hartseer week vir diereliefhebbers. Die Vaaldriehoekse diereorganisasie PurrPaws moes twee erg verwaarloosde honde gaan haal. Die een het seergekry en in die veld gaan lê en byna opgegee. Die ander een was brandmaer weens ondervoeding. Sulke dinge breek ‘n mens se hart.

Baloo, die swart reun, kom van Deneysville af en is ‘n Great Dane-kruising. Myra is ‘n grys windhond.

Op 30 Julie het my hart in twee geskeur toe ek die tweetjies die eerste keer ontmoet, maar diep binne my het ek goed gevoel want in ‘n week se tyd het hulle sowat 3 kg elk opgetel, en het ek hulle bederf met nog lekker kossies.

Die gemeenskap het my ook gehelp met bydraes waarvoor ek baie dankie sê.

Kom ons help PurrPaws met nog hondekos of donasies om vir hulle kos te gee.

Die een voertuig van PurrPaws verbruik tot R3 000 per week in die uitvoering van hul take en as hulle nie dadelik reageer nie, beledig mense hulle op Facebook.

PurrPaws se plek van veiligheid (shelter) het tans sowat 600 honde en 500 katte vir aanneming beskikbaar. Voordat jy ‘n dier by hulle kan aanneem, sal ‘n besoek aan jou huis gebring word. Die regte tipe troeteldier vir jou karaktertipe en omstandighede sal dan aanbeveel word. Die aannemingsfooi is R400.

* ‘n Vlooimark waartydens geld vir die organisasie ingesamel is, is Saterdag 29 Julie by PurrPaws se kantoor in Christiaan de Wetstraat, Vanderbijlpark, gehou.

Daar was alles, van mooi motors tot interessante stalletjies wat mense kon besoek terwyl die sangeres Cherece Thiart die musiek verskaf het. Baie dankie aan almal wat dit ondersteun het en donasies gemaak het. Skakel Lindie van Purr Paws gerus by 083 650 9558.

‘n Verwaarloosde Baloo pas nadat hy deur PurrPaws gered is.
Skaars ‘n week nadat PurrPaws vir Baloo begin sorg het, het hy reeds 3kg opgetel.
Myra het ook reeds 3 kg gewig aangesit sedert sy in PurrPaws se sorg is en lyk sommer al stukke beter as toe sy in haar verwaarloosde toestand gevind is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button