Dié week in die nuus
Het jy al dié week se uitgawe van Vaalweekblad gekoop? Dit is soos altyd propvol nuus en 'n ware winskoop teen slegs R5-40. Koop Vaalweekblad en stel ons sodoende in staat om GRATIS daaglikse nuus op Vaalweekblad Facebook en www.vaalweekblad.com aan jou te bied.

Retha Fitchat
* ‘n Gru-ongeluk op die pad tussen Oranjeville en die Vaaldriehoek eis die lewe van twee mans.
* ‘n Nuwe winkelsentrum in Vanderbijlpark loop deur onder ‘n bende rowers.
* ‘n Tienjarige meisietjie kan van haar voortdurende pyn verlos word as haar regteroog verwyder word.
* Naasbestaandes van meer as 60 afgestorwenes kom met skok agter dat hul geliefdes se as uit ‘n Muur van Herinnering verwyder is.
* Die loseerder van ‘n Vereenigingse egpaar wie se verkoolde lyke onlangs in die veld gevind is, word in verband met hul moord gearresteer.
* ‘n Geliefde geneesheer van Sasolburg sterf.
* Phoenix Park – wat het tydens die Lentefees skeefgeloop dat honderde feesvierendes deur die polisie gevra moes word om te tjaila?
* Die redes waarom inwoners van die Metsimaholo-munisipaliteit weer moet stem.
* Wen R1000 en ander pryse in Vaalweekblad se blokraaiselwedstryd!
* Del Arté Eisteddfod spog met hul voorskoolse deelnemers.
* Ouers wie se kinders al afgeneem is vir die Baba- en Kleuterwedstryd, kyk of jul kleingoed se foto’s hierdie week verskyn en begin stem vir hulle!
SPORT:
* Hoekies en Gimmies sorg vir krieket uit die boonste rakke.
* VUT is die 7’s kampioen!
* Die Griffons gaffel die Valke.
Lees hierdie berigte en veel meer in dié week se uitgawe van Vaalweekblad!



