News
Trek nader daardie reënjas
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het inwoners van Gauteng gewaarsku teen ernstige donderstorms wat vanmiddag die provinsie sal tref.
Weervoorspeller Dipuo Tawana sê ernstige donderstorms word in sekere plekke in dié provinsie verwag vanaf 13:00.
Die donderstorms sal na verwagting met swaar reën, skadelike wind en hael gepaard gaan.
Dit volg na swaar reën in sekere dele van Gauteng sedert verlede Donderdag uitgesak het.
Die weerdiens waarsku verder dat Gauteng, Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo erge donderstorms kan ervaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



