NewsNews

Bejaardes dankbaar vir water

VEREENIGING. - Groot blydskap het vanmiddag by Mimi Fouriehof in Marketlaan geheers toe lede van die gemeenskap en besighede water aan die bejaardes geskenk het.

Inwoners van Mimi Fouriehof is al 12 dae sonder water.

Die rede hiervoor is glo die waterdruk wat deur Rand Water verlaag is weens wanbetaling deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Die DA het vandag water ingesamel vir die bejaardes en te danke aan besighede en lede van die gemeenskap het die inwoners nou water.

Groot dank gaan aan Vaal Toyota, Perfect Water, Sonlandpark Ratepayers en Duncanville inwoners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button